Fynbos

Jy vat my aan die hand op die fynbos strand
Die spore van my hart stap saam
Die korrels op die grond soos my liefde wyd
Dit skryf op die sand jou naam

Ken jy hierdie plek waar die fynbos bly?
Soos sterre wat die see verken
In die wonder van die sonsak net ek en jy
En hier het jy my hart gewen

Fyner as die fynbos, fyn soos die wind as die liefde waai (As die liefde waai)
Skielik om my hart gedraai
Die spore van my hart gesaai

Ons liefde fyner as die fynbos geur in die reën se asem
Fyner as die fynbbs, sing my siel vir jou

Wat het ek gedoen sonder jou by my?
Die wêreld was 'n kleine plek
En nêrens was daar een met sy oë so fyn
Wat kon kyk na die wêreld soos ek

Ken jy hierdie plek waar die fynbos sing?
Soos stemme in die blou, blou lug
In die wonder van die sonsak net ek en jy
Die fynbos op jou gesig

Fyner as die fynbos, fyn soos die wind as die liefde waai (As die liefde waai)
Skielik om my hart gedraai
Die spore van my hart gesaai

Ons liefde fyner as die fynbos geur in die reën se asem
Fyner as die fynbos sing my siel vir jou

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Sonja Herholdt

Autres artistes de Afrikaans