Bring My Geweer

Bring my geweer
Bring my dogter ook ek wil haar een keer sien
Ek het wakker gelê
En jou in skrefies gehou

As ek verloor
Dra my na die boom waar valke gereeld gaan sit
Ek en my broer
Sal mekaar weer gaan soek in die wind

Sal my waarheid hou tot by jou waarookal jy nou is
Ons was drenkelinge, enkelinge saam word die stroom ons rus

Trek af die gordyn
Maak die ysterkis oop, ek't haar boek daarin gesit
As sy dit weer lees
Sal ons weef aan mekaar in die wind

Gaan haal vir Ben
Hy moet leer hoe om die perde van die vеld in te breek
Hy's ook daardeur
Maar Heer, daar's nog wild wat in hom steek

Sal my waarheid hou tot by jou waarookal jy nou is
Ons was drеnkelinge, enkelinge saam word die stroom ons rus

Voor ek op wind vertrek bring eers my perde weer na die water drink en wees verlig
Roep al my mense dan om my nader dra die kinders in hier gaan die engele nou vergader
Hand aan hand loop ons huistoe vlerk aan vlerk gaan ons na die Vader

Hang my hoed aan die spyker begrawe al my verwyte ek sien hoe naby my tyd is
So kom ons kry laaste kyke ek weet jou hart is nog myne, jy was met liefde nooit suinig
Ek voel 'n fok vir die duiwel, lig wen die stryd in die einde
(Is al my sondes vergewe, belowe, hand op die Bybel)

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Spoegwolf

Autres artistes de