Donker

Ek het 'n foto van ons
As ek nou daarna kyk
Was jy nog altyd op my soos die son

En in die stem van die Heer
As ek nou daaraan dink
Is jy nog altyd die wind in my klere

Ek sou Pretoria toe kon ry
Met my fiets en boek vol rym
Ek sou die Platteland saamsleep
As ek gedink het ek kan dit vir jou gee

Want jy's, oe wilder as my donker
Jy's die wyn in my bloed
Maak my een keer weer jonger
Een keer by jou is genoeg

Ek het 'n padkaart van ons
Op die are van my hande
Ek sou werk vir jou met stene en grond

En as die hemel bestaan
Sal ek vra dat die engele
Ons huistoe kan dra, ek is dronk
Ek is opgefok, maar

Ek sou Pretoria toe kon ry
Met my fiets en boek vol rym
Ek sou die Platteland saamsleep
As ek gedink het ek kan dit vir jou gee

Want jy's, oe wilder as my donker
Jy's die wyn in my bloed
Maak my een keer weer jonger
Een keer by jou is genoeg

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Spoegwolf

Autres artistes de