Ek Dink Soos Jy

Ek dink soos jy en aan die aande toe ons waker kon bly
Dit was koud en nat in die Kaap
So koud was jou voete
Jy’t dit op my borskas laat slaap

Hoe rafel die tou waaran my hart soos ʼn klok hang
My kop swaai soos ʼn waaiende hand
Vir jou
Om dit in joune te vat

Nou sê jy dit gaan nog jare vat
Jare?
Hoe oud gaan ons dan wees?
Nou sê jy dit gaan nog jare vat
Jare?
Hoe oud gaan ons dan wees?

As ek nou ry sal die pad kraak en oopmaak
Die markies sal staan
Die son sal te swaar raak en in ‘n krater op my borskas kom bly

Hoe laf van ‘n vrou soos ‘n rompe-dans ook
Jy draai reg moet omloop om jou
Uit jou hande te vat

Ek sit op my eie stukkie teerpad
Nat van die wolkbreek
Glad soos die Moederstand
Iewers in die donker brand 'n kers op 'n vensterbank
Die winternag bly donkerlank
En jou glimlagte bly kort en vlak
Soos jou vriende hier, sielsvrot en brak
Ek weet nie meer nie

In twee geskeur deur die wind
En ek dink nie ons moet weer probeer nie
Dis al die derde keer
Maar die hemel weet dis nog dieselfde seer
Deur die loop van 'n geweer
Onderdeur
Middeldeur
Sneller nou
Donderweer
Ag fok, loop jy weer?
Ons leer nie meer nie
Een, twee, drie
Is dit nie nou al die vierde keer nie?

Nou sê jy dit gaan nog jare vat
Jare?
Hoe oud gaan ons dan wees?
Nou sê jy dit gaan nog jare vat
Jare?
Hoe oud gaan ons dan wees?

Curiosités sur la chanson Ek Dink Soos Jy de Spoegwolf

Quand la chanson “Ek Dink Soos Jy” a-t-elle été lancée par Spoegwolf?
La chanson Ek Dink Soos Jy a été lancée en 2015, sur l’album “Somer”.

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Spoegwolf

Autres artistes de