Elektriese Kind

Elektriese kind
Ek is brawer as wat jy dink
Ek het dan saam my broers geloop
En by die vêrste vêrste punt
Dit was baie naby aan jou

O die winde kan my waai
Hel ek sweer ek sal hier lê
Geen watertong sal my kan sluk nie
Geen wederkoms kan my ruk nie
Nie as jy hier langs my sit nie

Sit jy net daai vinger elke nou en dan op my voorkop
Jy kan die kersfeesliggies deur my oë klop
My oë klop
Ja, jy kan my lewendig skok

O elektriese kind
Ja vir jou is ek nie bang nie
Hierdie bibber hou nie lank nie
Dis net die hakkel in my long
Dit mag dalk lyk asof ek snik
O ek verseker jou dis nie dit nie
Dis nie dit nie

Sit jy net daai vinger, elke nou en dan op my voorkop
Jy kan die kersfeesliggies deur my oë klop
My oë klop
Ja, jy kan my lewendig skok

Jou kop op my bors
Is 'n dodelike om jou
Kop op my bors
Is 'n dodelike om jou
Kop op my bors
Is 'n dodelike om jou
Kop op my bors
Is 'n dodelike kom!

Curiosités sur la chanson Elektriese Kind de Spoegwolf

Quand la chanson “Elektriese Kind” a-t-elle été lancée par Spoegwolf?
La chanson Elektriese Kind a été lancée en 2015, sur l’album “Somer”.

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Spoegwolf

Autres artistes de