Gaan Huis Toe Ek Kom Nou

Danie du Toit

Jy kom met jou hare los
Vleg my daarin
Druk jou beskuit
In my koffie voor ons ry
Dink jy die Here dink vooruit?
Kan ek onderhandel
Dat iemand soos jy na my kyk?

Die mense in die dorp word dan stil
En kyk vir 'n teken op
Het jy besluit
Om daai fokker weg te wys?
Dink jy my rus kom maar met tyd?
Kan ek onderhandel
Dat iemand soos jy na my kyk?

Die vrou sê vir haar man
Staan op, ek weet jy kan
Ek draai die krane oop
Laat my dan deur jou loop

Jy kyk by my wonde in
Ek staan, ek is oorwin
Sit jou mond
Op my brein en sluit my oë
Dalk uit die donker kom die tyd
Wat ek weer wandel
Of hardloop
Kan jy?

Die man sê vir sy vrou
Gaan huis toe ek kom nou
Gaan draai die krane oop
Ek wil ons kindjie doop
(x2)

Curiosités sur la chanson Gaan Huis Toe Ek Kom Nou de Spoegwolf

Quand la chanson “Gaan Huis Toe Ek Kom Nou” a-t-elle été lancée par Spoegwolf?
La chanson Gaan Huis Toe Ek Kom Nou a été lancée en 2019, sur l’album “Koma”.
Qui a composé la chanson “Gaan Huis Toe Ek Kom Nou” de Spoegwolf?
La chanson “Gaan Huis Toe Ek Kom Nou” de Spoegwolf a été composée par Danie du Toit.

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Spoegwolf

Autres artistes de