Swart Vere
As blomme soos ou
Foto's bruin word
As die kamerkombers ineenstort
Het ek en my een
Op mekaar uitgemis
Maar weet ek nou dat jy myne is
As die reënweer soos swaar sterre daal
As mense soos monsters mekaar aanval
Het ek en my een
Amper mekaar uitgewis
Maar weet ek nou dat jy myne is
Jy is jonk in hierdie weergawe van ons
Maar soek my
Ek het al my mooi verloor in die son
Maar soek my
In my
As geboue soos ou
Soldate lê
As almal weer die dood van ’n goeie man wil hê
Is ons ’n wind
Wat nooit sal rus
Dan weet ek nou dat jy myne is
As fonteine soos vuurwerke skiet
As die Here die hele plek uitgiet
Onderstebo
Sal ek jou nog mis
En weet ek nou dat jy myne is
Jy is jonk in die weergawe van ons
Maar soek my
En ek het al my mooi verloor in die son
Maar soek my
In my
Swart vere