Kyk Hoe Glinster Die Maan

Ek het in my kinderjare vas geglo in Kersfeesvader
In werklikheid ry hy mos met 'n slee
Maar hier stap hy deur die mielies met ‘n streepsak en 'n kierie
En my boetie vra, boer hy by Clocolan?

Waar is jou rendier en silwer spore?
Waar is ons drome van gisteraand?
Vlieg oor die bome met my drome
Kyk hoe glinster die maan

Die winde van die winter het my kinderhart ontnugter
Ek en boetie kry 'n rooi jas in die laai
Jonk van jare, oud van dae, huil ek hartseer in my kamer
Want die fantasie het soos 'n droom verdwyn

Waar is jou rendier en silwer spore?
Waar is ons drome van gisteraand?
Vlieg oor die bome met my drome
Kyk hoe glinster die maan

In 'n brief van later jare skryf ek liewe Kersfeesvader
Elke mens het ‘n spesiale wens
Vir iemand soet soos suiker, in 'n wêreld sonder duike
Ons besef dat dit is net ‘n droom

Waar is jou rendier en silwer spore?
Waar is ons drome van gisteraand?
Vlieg oor die bome met my drome
Kyk hoe glinster die maan

Op die strand staan ek en wonder oor ons Kerfees in die somer
Kersvader is 'n vreemdeling, hoor ek die branders sing
Al die kinders glo die stories, en die stories is medisyn (En aan Kersvader)
Vlieg suidwaards met jou drome

Kyk hoe glinster ons maan op silwer spore
Waar is ons drome van gisteraand? (En aan Kersvader)
Terug voor die bome met my drome

Chansons les plus populaires [artist_preposition] The Parlotones

Autres artistes de Rock'n'roll