Lisa Se Klavier [Live]

Ek het ‘n vriendin
Vêr by die blou see
Die hang van Tafelberg
As die son sak
Speel sy die mooiste melodieë

Haar vingers ken die pad
Opgesluit
In wit en swart
Die klavier se grootste vreugde
Hartseer en verlange
Verstaan die hart se diepste smart

En die hele wêreld word stil
En luister in die donker uur
Na die naggeluide
Van Lisa se klavier

Lisa kan nooit ophou
As sy eers begin het nie
En Laat my nooit huis toe loop
Of afskeid neem
Voor my laaste sigaret nie

Ek staan op haar balkon
Drink haar appelkoostee
Kyk ek na Kaapstad
In die nag, in die liggies
Die swart, swart see

En die hele wêreld word stil
En luister in die donker uur
Na die naggeluide
Van Lisa se klavier

Ja, die hele wêreld word stil
En luister in die donker uur
Na die naggeluide
Van Lisa se klavier

En onder op die sypaadjie
Sien ek die bergie en sy maat
Staan en opkyk vêr na bo
Vanuit die vullis
Van Oranjestraat

Ken al lank die klanke
Wat uit haar woonstel stroom
Lank na twaalf met die vensters oop
Moan die bure ook al hoe
Word Lisa elke boemelaar se droom

En die hele wêreld word stil
En luister in die donker uur
Na die naggeluide
Van Lisa se klavier

Ja, die hele wêreld word stil
En luister in die donker uur
Na die naggeluide
Van Lisa se klavier

Ja, die hele wêreld word stil
En luister in die donker uur
Na die naggeluide
Van Lisa se klavier

Ja, die hele wêreld word stil
En luister in die donker uur
Na die naggeluide
Van Lisa se klavier

Lisa
Lisa se klavier
Lisa
Lisa se klavier

Lisa
Lisa se klavier
Lisa
Lisa se klavier

Chansons les plus populaires [artist_preposition] The Parlotones

Autres artistes de Rock'n'roll