R.S.A

'n Stowwe kar kom nader en hy stop hier langs my
'n Blomme girl en 'n ou met 'n rowwe baard
My voete brand soos sy verby die Oppie Koppie sticker hardloop
Op die agterruit in stof geskryf, was my

En in my hart hou ek vas aan hierdie stukkie son
My kinder dae, my wortels my huis

Want ek's gemaak in die R.S.A
Jy het my gedra, jy was altyd daar
En ek is klaar aan die ander kant
My trots my land vat my hand Suid-Afrika

Hou my voete warm in die beesmis vanoggend
Ek en oupa kyk hoe die berge rus
Met 'n ou Phillips radio en 'n vles vol van liefde
Begin daar weer 'n storie met toe ons jonk was

En in my hart hou ek vas aan hierdie stukkie son
My kinder dae my wortels my huis

Want ek's gemaak in die R.S.A
Jy het my gedra jy was altyd daar
En ek is klaar aan die ander kant
My trots my land vat my hand Suid-Afrika

Die manne hardloop na die veld
Skare saam is groen gesmelt
Die ritme van ons nasie druis
Deur my vel dat my hare rys
Soos die blou van ons liefste see
So is ek en ons hemel beklee

En ons is gemaak in die R.S.A
Soos 'n ma en pa was hy altyd daar
En ons is klaar aan die ander kant
Ons trots ons land vat my hand Suid-Afrika

Vat my hand Suid-Afrika

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Touch Of Class

Autres artistes de Afrikaans