Sal Ek Jou Ooit Weer Sien
Die son het gelig en die wilgers getreur
Soos net in die Karoo kan gebeur
Ek het jou op daardie lui lekker middag vir die eertse keer gesien
Jou hare het sag deur die briesie beweeg
Jou oë het oor Oukop gevier
Ek het jou gevra of ek langs jou kan sit op die wal van Visrivier?
Sal ek jou ooit weer sien?
Sal ek jou stem weer hoor?
Soos die aand op die wal van die Visrivier
Sal ek jou ooit weer sien?
Sal ek jou stem weer hoor?
Soos die aand op die wal van die Visrivier
Jou hart het my hart se gedagtes verstaan
En die ure het stil gaan staan
Net soos 'n sprokie in stories gebeur
Het die lig skielik perske verkleur
Ons het hede, verlede en toekoms gedeel
En die sterre het op die water gespeel
Skugter geluk was vir ons beskik
Of miskien wou ek dit net hoor
Sal ek jou ooit weer sien?
Sal ek jou stem weer hoor?
Soos die aand op die wal van die Visrivier
Sal ek jou ooit weer sien?
Sal ek jou stem weer hoor?
Soos die aand op die wal van die Visrivier
Jy's alleen oor die bruggie na die ander kant
En gaan staan op die wal se rand
Jy het oor water en sterre geroep
Gesê en dalk sien ek jou weer
En aand na aand en jaar na jaar
Het ek daar gaan soek vir jou spoor
Een aand was die wolk weer pers geomsoom
Toe weet ek dit was net 'n droom