Vergeet My Nie [Live]

Wat sal dit vat om ‘n honderd myl te loop?
Wat sal dit vat om ‘n plekkie te herdoop?
Wat sal dit vat om jou hier te kan hê my lief?
Wat sal dit vat?

Wat sal dit vat om te offer wat jy vra?
Wat sal dit vat om die seer alleen te dra?
Wat sal dit vat om ons lewens terug te hê?
Soos die eerste dag toe jou oë op myne lê?

Ek sal by jou staan, sal by jou staan tot als vergaan, vergeet my nie
Ek's so alleen, kom bring die reën en vloei deur my are

Wat sal dit vat om ons kinders te leer loop?
As ons met hul geskei word deur die doop?
Sal jy vir my die Onse Vader bid?
As ek en jy Hom altyd eers te sit?

Ek sal by jou staan, sal by jou staan tot als vergaan, vergeet my nie
Ek's so alleen, kom bring die reën en vloei deur my are

Bewaar jou
Bewaar Sy woorde wat jou lei
Weer terug na my
Op my knieë
Dan sal jy my kry

Sal by jou staan tot als vergaan, vergeet my nie
Ek's so alleen, kom bring die reën en vloei deur my are

Vergeet my (Amen)
Vergeet my nie

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Touch Of Class

Autres artistes de Afrikaans