As Jy My Groet
Ek kyk soms na jou in die more
Jou slaapland lyk ver weg van my
Ek wens ek kon dit vir seker weet
Dat jy daar ook leef met my
Ek vrees daar is dalk ‘n ander een
Wat jou verstaan en op wie jy steun
Onhoorbare name prewel jy
Die onsekerheid brand nes ‘n vuur in my
Maar as jy my groet met jou more stem
Jou oë wat poog om die slaap te wen
Weet ek, ek was heelnag by jou
En as jy my groet weet ek deur die dag
Is ek steeds by jou tot ons slaap vannag
Dan’s ons een totdat die more ons vang
Ek kyk soms na jou in die more
Jou slaapland lyk ver weg van my
Ek wens ek kon sonder twyfel weet
Dat jy daar net dink aan my
Miskien is daar dalk ‘n ander man
Woon jy by hom en dra sy van?
Onhoorbare name prewel jy
Die onsekerheid brand nes ‘n vuur in my
Maar as jy my groet met jou more stem
Jou oë wat poog om die slaap te wen
Weet ek, ek was heelnag by jou
En as jy my groet weet ek deur die dag
Is ek steeds by jou tot ons slaap vannag
Dan’s ons een totdat die more ons vang
Die son gly nou sag, sag oor jou
Ek's bang ‘n ander sal jou sien soos nou
Dan dink ek jy soek
Soek vir ‘n kans op ‘n vreeemde liefde wat met jou dans
Maar as jy my groet met jou more stem
Jou oë wat poog om die slaap te wen
Weet ek, ek was heelnag by jou
En as jy my groet weet ek deur die dag
Is ek steeds by jou tot ons slaap vannag
Dan’s ons een totdat die more ons vang
Dan’s ons een totdat die more ons vang