Banneling

Eendag is 'n leeftyd
Met die hartseer gehuil van see en wind
In my brand daar vure
My vlerke so gebind

Eendag gaan ek huis toe
Na my grond toe waar al my spore loop
Daar lê al my hartstog
My erfenis en al my hoop

Glo my, was ek maar 'n arend
Noodlot se vlugteling
Beedend vir die soete uitkoms
Die laaste hoop vir 'n banneling

Eendag is 'n lang tyd
Maar dis altyd waaraan ek vas kan hou
Skimme van geliefdes
Beloftes om aan vas te hou

Glo my, was ek maar 'n arend
Noodlot se vlugteling
Beedend vir die soete uitkoms
Die laaste hoop vir 'n banneling

Beedend vir die soete uitkoms
Die laaste hoop vir 'n banneling

Chansons les plus populaires [artist_preposition] André Schwartz

Autres artistes de Crooner