Ek Wens Vir Jou 'n Kersfees

Vanaand gesels ek deurnag met die man in die maan
Maak grappe en laggens skielik vra hy, wat gaan daar aan?
Want van waar ek kyk kry die wêreld so seer
Hy vra toe ons vergeet van die Kindjie ons Heer?
En ek sê nooit
Nee nooit

Ek wens vir jou 'n Kersfees vol vrede soos dit hoort
Ek stuur vir jou geskenke toegedraai in hoop
Ek wens vir jou genade, 'n seëning elke dag
Ek bid jy slaap in liefde
Ek bid jy slaap in liefde elke nag

Ek vra hom oor die nag toe die ster langs hom verskyn
Hy sê dat daardie lig steeds in ons kan skyn
En op daai mooiste nag kon jy kinders stemme hoor
Engele wat juig, die wêreld hoor
En ek sê prys
Prys Sy Naam

Ek wens vir jou 'n Kersfees vol vrede soos dit hoort
Ek stuur vir jou geskenke toegedraai in hoop
Ek wens vir jou genade, 'n seëning elke dag
Ek bid jy slaap in liefde
Ek bid jy slaap in liefde elke nag

Ons vra vir 'n land in harmonie, 'n vrede wat weerklink
'n Dreuning wat steeds sterker word en ons in vrede bind (Ek wens vir jou)

Ek wens vir jou 'n Kersfees vol vrede soos dit hoort (Ek stuur vir jou)
Ek stuur vir jou geskenke toegedraai in hoop
Ek wens vir jou genade, 'n seëning elke dag
Ek bid jy slaap in liefde
Ek wens vir jou 'n Kersfees vol vrede soos dit hoort

Chansons les plus populaires [artist_preposition] André Schwartz

Autres artistes de Crooner