Lunalief
O Luna jy is spesiaal verby
Jy wys vir my die sterre sê dis waar jy bly
O boskind jy waar kom jy vandaan?
Sê die Here het jou lyfie bitter mooi gemaak
Ja die Here het jou werklik bitter mooi gemaak
Jy swem saam met die krokodil in die rivier
In die Noord Kaap draf jy saam met die springbokkies
In die Laeveld brul jy net soos ‘n leeu
Jy's ‘n kind van die bos en nie ‘n bokkie nie
O nonnatjie jy lief jou storietjies
Oor die diere in die veld en die bos feëtjies
Ek is bang jy, jy word te groot
Dan besef ek jy’t die wêreld reeds in jou skoot
Dan besef ek jy’t die wêreld reeds in jou skoot
Jy swem saam met die krokodil in die rivier
In die Noord Kaap draf jy saam met die springbokkies
In die Laeveld brul jy net soos ‘n leeu
Jy's ‘n kind van die bos en nie ‘n bokkie nie
Jy hardloop deur die bos soos ‘n wille dier
Jy grom en jy kners soos ‘n groot ou tier
Jy slaap in my arms nes ‘n nagapie
Jy's ‘n kind van die bos en nie ‘n poppie nie

O Lunatjie