My Broer

Cops en robbers gespeel
By die buurman vrugte gesteel
Oppie koppie was ons konings
Die lewe ons beloning
Ja niks was ooit te veel

Nes die see en die branders
Kon die een nie sonder die ander
Koshuis kamers gedeel
Saam rugby gespeel
Net tyd kon ons verdeel

My broer ek stel ‘n heildronk op jou vanaand
Lig ‘n glas vir die siel wat my verstaan
Deur dik en deur dun
‘n Glimlag ‘n traan
Moet jy weet ek sal altyd reg langs jou staan
My broer ek stel ‘n heildronk
Op jou vanaand

En cowboys don’t cry
Vertel ons stories om ‘n braai
Ons sou praat oor die lewe
Hoe jou vyand moet vergewe
Dis hoe die wind nou waai

Nes geweer en magasyn
Deur die blydskap en die pyn
Sal ons staan vir mekaar
Tot die eindfluitjie blaas
Net ‘n broer sal dit verstaan

My broer ek stel ‘n heildronk op jou vanaand
Lig ‘n glas vir die siel wat my verstaan
Deur dik en deur dun
‘n Glimlag ‘n traan
Moet jy weet ek sal altyd reg langs jou staan
My broer ek stel ‘n heildronk

Broers sal altyd daar wees daar vir mekaar wees
Al woon jy in ‘n vreemde land
Die een veg vir die ander
Jou rug is ge-cover
Dis iets wat net ‘n broer verstaan
My broer ek stel ‘n heildronk
Op jou vanaand

My broer ek stel ‘n heildronk op jou vanaand
Lig ‘n glas vir die siel wat my verstaan
Deur dik en deur dun
‘n Glimlag ‘n traan
Moet jy weet ek sal altyd reg langs jou staan
My broer ek stel ‘n heildronk
Op jou vanaand

Curiosités sur la chanson My Broer de Appel

Sur quels albums la chanson “My Broer” a-t-elle été lancée par Appel?
Appel a lancé la chanson sur les albums “Lei My Na Die Water”, “Boer Loop Deur My Are” en 2018, et “In Afrikaans (Live)” en 2020.

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Appel

Autres artistes de