Liggies
Dit is hier waar my wêreld nou stil raak
Met elke droom wat ek droom sonder jou
Dit is hier waar die pyn nou my hart vat
My beste oomblik was net altyd saam met jou
En kan jy net nog een keer doen wat jy doen onder die sterre as jy my soen
Wys my hoe verlief jy is
En kan jy net nog een keer doen wat jy doen met daai liggies groen oë as jy my soen
So loer vir my
As ons gaan liggies kyk
Dit is hier waar my paaie nou dof raak
En dae voel so ver sonder jou
Ja ek staan hier tussen die lyne
Als was gedoen en gedoen saam met jou
En kan jy net nog een keer doen wat jy doen onder die sterre as hy my soen
Wys my hoe verlief jy is
En kan jy net nog een keer doen wat jy doen met daai liggies groen oë as jy my soen
So loer vir my
As ons gaan liggies kyk
En onder die sterre op die berge as jy my soen die stad se liggies diep in jou oë sien dalk my
En kan jy net nog een keer doen wat jy doen
Net hoe jy dit doen my wys my hoe verlief jy is (My wys my hoe verlief jy is)
En kan jy net nog een keer doen wat jy doen met daai liggies groen oë as jy my soen
So loer vir my
As ons gaan liggies kyk
Dit is hier waar my wëreld nou stil raak
Met elke droom wat ek droom sonder jou