Gee my liefde [Duet]

Ek verstaan nie die vrae in jou oë as jy kyk vir my nie
Maar ek wens dat jy kon weet hoe lief ek jou het
Jy staan voor my in die lig van die son en my hart word stil
Ek's net 'n man wat probeer om te keer dat die trane jou glimlag steel
As jy dit geweet het het jy dit vir my gegee
Ek vra jou weer

Gee my liefde, sien my en hoor as ek sê dis niks meer as jou hart wat 'n vrou wil hê
En al kan jy nie altyd verstaan nie neem ek jou nie kwalik nie
Gee my liefde, dra my en keer dat ek val al baklei ek en jy weet dat jy kom my haal
Ek is anders as jy en ek vra jou om my net een ding te gee
Gee my liefde

Ek sien nie die wêreld se waansin op jou manier nie
Maar ek wens dat ek soos jy die liefde verstaan (Verstaan dit soos jy)
As jy geweet het het jy dit vir my gegee
Ek vra jou weer

Gee my liefde, sien my en hoor as ek sê dis niks meer as jou hart wat 'n vrou wil hê
En al kan jy nie altyd verstaan nie neem ek jou nie kwalik nie
Gee my liefde, dra my en keer dat ek val al baklei ek en jy weet dat jy kom my haal
Ek is anders as jy en ek vra jou om my net een ding te gee

Ooh, ek gee jou, ek gee jou wat ek kan
En ek wens ek kon die liefde se taal soos jy verstaan

Ooh (Gee my, gee my, gee my net jou liefde)
(Gee my, gee my, gee my net liefde) Ooh

Gee my liefde, dra my en keer dat ek val al baklei ek en jy weet dat jy kom my haal
Ek is anders as jy en ek vra jou om my net een ding te gee

Ek gee jou al my liefde

Gee my liedfe

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Chane Valentine

Autres artistes de Middle of the Road (MOR)