Ek Sal Jou Wys

Jy't gedink jy's gereed om my net so te vergeet
Jy't gedink dis verby en jy is ontslae van my
Dink maar weer, hierdie keer is ek so veel sterker as wat jy kan onthou
Kyk na my dan sal jy weet wat ek hier binne voel oor jou

Daar was pyn, daar was seer, soos wat jy weer en weer my waarheid wou verdraai
En jy dink als is reg want jy loop alweer weg met my hart

Wie dink jy is jy, te besluit wat's reg vir my?
Jy kan my woorde oorskryf maar onthou
In my stem hoor jy my hart en al het ek lank gevat
Sal myself net weer en weer bewys
Ek sal jou wys

Jy was reg, dis my beurt om te leer wat is verkeerd
Om myself te verloor en nie twyfel aan te hoor
Maar jy weet wat jy kry en nogsteeds probeer jy my verander na jou hart
Al die trane, die spyt en myself te verwyt is nou verby

Wie dink jy is jy, te besluit wat's reg vir my?
Jy kan my woorde oorskryf maar onthou
In my stem hoor jy my hart en al het ek lank gevat
Ek sal myself net weer en weer bewys
Ek sal jou wys

Jou huis van glas is net soos myne
Maar joune's skerper aan die einde
Aan die einde

Wie dink jy is jy, te besluit wat's reg vir my?
Jy kan my woorde oorskryf maar onthou
In my stem hoor jy my hart en al het ek lank gevat
Ek sal myself net weer en weer bewys
Ek sal jou wys

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Corlea

Autres artistes de Middle of the Road (MOR)