Lewe Vir Nou

Waar is die helde wat nasies kon lei?
Ons is so moeg vir die draadsitters wat baklei
Waar is ons taal heen, ons Afrikaans?
Ons gee nie om nie, solank ek net lekker kan dans

Wat het geword van die goeie ou dae
Vol van verhale waar die toekoms nie kan daar?
Ons het reeds soveel tyd al verloor
So bêre jou heimwee, want die beste lê nog voor
Die beste lê nog voor

Kan ons nie maar vergeet, wie is reg en wat's verkeerd?
Kyk wat gebeur rond om jou
Want die lewe gaan verby en jy's die een wat agterbly
Kom ons lewe vir nou
Kom ons lewe vir nou

Jy's so gerieflik in jou binnekring
Jy kan jou punt staan maar ons hoor die kinders sing
Genoeg ja en amen, genoeg stil gebly
Maak net jou oë oop want die waarheid maak jou vry
Die waarheid maak jou vry

Kan ons nie maar vergeet, wie is reg en wat's verkeerd?
Kyk wat gebeur rond om jou
Want die lewe gaan verby en jy's die een wat agterbly
Kom ons lewe vir nou
Kom ons lewe vir nou

Kom aan kom aan sing saam met my
Die beste dae is nie verby
Ons het te lank net stil gebly
Kom by, kom by
Die waarheid maak ons vry

Kan ons nie maar vergeet, wie is reg en wat's verkeerd?
Kyk wat gebeur rond om jou
Want die lewe gaan verby en jy's die een wat agterbly
Kom ons lewe vir nou
Kom ons lewe vir nou
Kom ons lewe vir nou
Kom ons lewe vir nou

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Corlea

Autres artistes de Middle of the Road (MOR)