Die Swaeltjie

Ek is nou by ‘n kruispad, my gedagtes is verward
Hoe sal ‘n mens dan ooit kan weet jy kies die regte pad?

Swaeltjie die sewend kom en ritsel my gemoed
Die swaeltjie sê ‘n bitterpil se buitekant is soet
Sy het dit so oortuigend en sprakelend gevat
Dit spoel ‘n wal van twyfel soos ‘n witskuim rande plat

En swaeltjie op die see wind, sweef al eeue lank reeds rond
Sy vleuels in die wolke
Sy oë op die grond

Met wysheid in sy wieke
Wat sy kinders laat besin
Verby, vandag, verby
Die wye toekoms in

Die jare van my jeug verby en ek is nou ‘n man
Ek moet altyd my bes probeer en doen net wat ek kan

Daar sal nie altyd sonskyn wees maar wolke bring die reën
Na donker sal daar lig wees deur al die jare heen
En swaeltjie op die horison gee my weer nuwe moed
Die swaeltjie neem my twyfel weg en alles is weer goed

En swaeltjie op die see wind, sweef al eeue lank reeds rond
Sy vleuels in die wolke
Sy oë op die grond

Met wysheid in sy wieke
Wat sy kinders laat besin
Verby, vandag, verby
Die wye toekoms in

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Gerrie Pretorius

Autres artistes de Middle of the Road (MOR)