Gee Haar 'n Roos

Dis stil in die wind in die park loop ʼn kind
En daar’s trane op haar wang
Met ʼn vuil handjie teer probeer sy dit keer
Maar dit val voor op die sand

Daar's 'n blink in haar oë soos ek dit kan dit nie glo
Vertel sy dan aan my
Met snikkend haar woord soos 'n gebroke akkoord
Vertel sy dit aan my

Gee haar 'n roos
'n Roos vir haar
Gee haar 'n roos
Dis al wat sy vra

Gee haar 'n roos
'n Roos vir haar
'n Mooi wit roos
Dis al wat sy vra

Sy sê dan aan my 'n roos moet sy kry
Want dit is nie meer so lank
Haar moeder nie wel dis wat sy vertel
Dis net om haar te dank

Ek's so baie lief vir haar soos sy voor haar uit staar
'n Roos moet sy dan kry
Moenie huil nie my kind sê ek 'n roos sal ons vind
In haar oë sien ek sy's bly

Gee haar 'n roos
'n Roos vir haar
Gee haar 'n roos
Dis al wat sy vra

Gee haar 'n roos
'n Roos vir haar
'n Mooi wit roos
Dis al wat sy vra

Gee haar 'n roos
'n Roos vir haar
Gee haar 'n roos
Dis al wat sy vra

Gee haar 'n roos
'n Roos vir haar
'n Mooi wit roos
Dis al wat sy vra

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Gerrie Pretorius

Autres artistes de Middle of the Road (MOR)