Groep 2 Keurspel

Jare gaan so snel verby
Maar dit wek in my steeds meer verlange
Waarom moes ons afskeid neem?
Waar is al die tere liefde heen?

Dink jy darem nog aan my
Al die lange eensaam maande?
En onthou jy elke jaar ons belofte aan mekaar?
Dink jy darem nog aan my?

Dink jy darem nog aan my?
Het jy my nog nooit vergeet nie?
Want die jare gaan verby, sal ons liefde steeds nog bly?
Dink jy darem nog aan my?

Liefde kom, liefde gaan
Dis ‘n blywende sirkel wat ons nie verstaan nie
Jare kom, jare gaan
My liefde vir jou sal nooit vergaan nie

Ek is lief vir die wêreld
Ek is lief vir die wind
Want my ware liefde het ek reeds gevind

Ek is lief vir die wêreld
Ek is lief vir die wind
Want ons troue liefde sal ons altyd bind

As sawens die liggies so glinster
Dan glo jy daar's liefde naby
Maar dis net verbeelding en jy's weer alleen
Die oomblik van vreugde is heen

Daar's niks soos ware liefde
Niks so teer, so mooi, so rein
Soek jy waarheid in jou drome?
Vind jy dalk net die liefde se skyn?

Jy met jou mandolientjie, ek met my bandolientjie, sing ons die Oukraalliedjie saam
Sing ons van waterstrome, slange in Olienhoutbome en ‘n ribbok wat daar teen die randjie staan

Ons sing (Ons sing)
Ons speel (Ons speel)
Van die Oukraal wat ons nooit nie sal verveel
Jy met jou mandolientjie, ek met my bandolientjie, sing ons die Oukraal liedjie saam

Daar's ‘n hele spul brake in Turffontein, daar's ‘n hele spul brake van groot tot klein
Rooies en bontes, daar's alles wat ‘n hond is, daar's ‘n hele spul brake in Turffontein

Dis 'n naarheid as daardie spul brakke tjank
Ja die wêreld gee antwoord op daardie klank
Want die rooies, die bontes van die alles wat ‘n hond is, ja die hele spul brake in Turffontein

Net soos ek diep slaap en drome my toesak
Blaf daar weer hier voor my deur so waarlik weer ‘n brak

Nou as daardie spul brake my rus versteur, gaan ek hulle so wraggies die lot vermoor
Die rooies, die bontes ja net alles wat ‘n hond is, ja die hele spul brake van Turffontein

O die donkie is ‘n wonderlike ding, ja nee die donkie is ‘n wonderlike ding
Die donkie is ‘n stouter want hy staan voor die motor, o die donkie is ‘n wonderlike ding
O die donkie, ja die donkie, die donkie is ‘n wonderlike ding
Waai sy ore soos ‘n voël, neem die kinders na die skool, o die donkie is ‘n wonderlike ding

O die donkie, ja die donkie, die donkie is ‘n wonderlike ding
Die donkie is familie, hy's die boetie van die muil
Sien die een die ander dan begin hy sommer huil
O die donkie, ja die donkie, die donkie is ‘n wonderlike ding
Sy kop is so groot dit lig sy agterpoot, o die dinkie is ‘n wonderlike ding

Kumbaya, kumbaya
Kumbaya, kumbaya
Kumbaya, kumbaya
O Heer kumbaya

Iemand ween kumbaya
Iemand roep kumbaya
Iemand soek kumbaya
O Heer kumbaya

Iemand bid kumbaya
Iemand vra kumbaya
Iemand luister kumbaya
O Heer kumbaya

Kumbaya, kumbaya
Kumbaya, kumbaya
Kumbaya, kumbaya
O Heer kumbaya
O Heer kumbaya
O Heer kumbaya

Curiosités sur la chanson Groep 2 Keurspel de Gerrie Pretorius

Quand la chanson “Groep 2 Keurspel” a-t-elle été lancée par Gerrie Pretorius?
La chanson Groep 2 Keurspel a été lancée en 2003, sur l’album “Annemarie”.

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Gerrie Pretorius

Autres artistes de Middle of the Road (MOR)