Jy's altyd daar

Jy vervul my hart se wense
Jy's my alles, my mooiste droom
En jy's my verbeelding's toevlug
Jy laat my wêreld so verstom

Mag jy opnuut jou hart weer oop maak
En al laat dit ons ook bang
Want die liefde het sy kloue
En ons lewens vas kom vang

Jy's altyd daar as ek alleen staan
Jy beskerm my keer op keer
As die donker nag my bang maak
Of as die nuwe dag begin

Ek wil jou altyd styf teen my hou
Nooit sal ek jou weer laat gaan
Die gevoel van ware liefde
Kry met eens betekenis

Wanneer die uurglas weer kan vol loop
En die tyd vir ons stil staan
En ek nie durf om meer te twyfel
Wat werklik in my hart aan gaan

Beloof my jy sal my dan oppas
En my nooit weer sal laat gaan
Sodat ek nie kan vergeet nie
Dat jy altyd langs my staan

Jy's altyd daar as ek alleen staan
Jy beskerm my keer op keer
As die donker nag my bang maak
Of as die nuwe dag begin

Ek wil jou altyd styf teen my hou
Nooit sal ek jou weer laat gaan
Die gevoel van ware liefde
Kry met eens betekenis
Die gevoel van ware liefde
Kry met eens betekenis

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Gerrie Pretorius

Autres artistes de Middle of the Road (MOR)