Liefde
Skaars sestien jaar en tog so opgewonde
Met meisies en al die dinge wou so graag indruk maak
En my 50cc was toe ook die in-ding
Nike tekkies en Doctor Martins sou jy die girls kon kry
Dis al so laat as jy gaan slaap en dink aan al die tye
Wat jy geglip het om tyd te maak vir die een wat jy kon kry
Maar die donkerkop begin my mos toe uitkyk
Sy was tog so besonders van Venus se planeet
Liefde, liefde is die sleutel tot geluk
Ja sonder liefde is ons niks
Liefde, liefde
Sonder liefde kan ek die wêreld nie verstaan
My vriende spot my so oor die verliefdgeid
En stem-breek bring die heesgeid, soms was dit 'n bietjie erg
Jy moet jou deur die vrouens nie laat toor nie
Pasop dat sy jou nie hoor nie is wat my beste pel sou sê
Dis al so laat as jy gaan slaap en dink aan al die tye
Wat jy geglip het om tyd te maak vir die een wat jy kon kry
Maar die donkerkop begin my mos toe uitkyk
Sy was tog so besonders van Venus se planeet
Liefde, liefde is die sleutel van geluk
Ja sonder liefde is ons niks
Liefde, liefde
Sonder liefde kan ek die wêreld nie verstaan
Liefde, liefde is die sleutel van geluk
Ja sonder liefde is ons niks
Liefde, liefde
Sonder liefde kan ek die wêreld nie verstaan
Ja sonder liefde kan ek die wêreld nie verstaan