My Lisa-Marie
Vandag moet ek weer ver weg hier vandaan
En jy moet alleen agterbly
Saans dan voel ek jy droom van my
En jy voel so naby vannag
Ek sal probeer om gou terug te wees
As jy net vir my sal wag
En met die pyn in my hart groet ek jou vandag
Ek groet jou my Lisa-Marie
Bly mooi tot ek jou gou weer sien
Met liefde wat jy mos verdien
En daar staan jy weer alleen
Eendag klop ek weer aan jou deur
En bring jou so bietjie geluk
Dan maak ek ons drome mos waar
My Lisa-Marie
(Ek groet jou my Lisa-Marie) Vir altyd aan mekaar verbind
(Bly mooi tot ek jou gou weer sien) My eerste liefde ook gevind
(Met liefde wat jy mos verdien, en daar staan jy weer alleen) Maar tog so alleen
(Eendag klop ek weer aan jou deur) Verseker staan ek voor jou deur
(En bring jou so bietjie geluk) Bring jou die beste van geluk
(Dan maak ek ons drome mos waar) My Lisa-Marie
Ek groet jou my Lisa-Marie
Bly mooi tot ek jou gou weer sien
Met liefde wat jy mos verdien
En daar staan jy weer alleen
Eendag klop ek weer aan jou deur
En bring jou so bietjie geluk
Dan maak ek ons drome mos waar, my Lisa-Marie
Dan maak ek ons drome mos waar, my Lisa-Marie