Westewind

Daar langs die see, daar dwaal gedagtes
Nie so klein of onbeperk
Ja langs die see voel duisend ure
Nie so ver en uitgerek

En hier waar ek lanks die sand loop
Waar die branders sout uit gooi
Bly ek dink aan jou my engel
Dan vra ek mooi, die waaiende wind

Westewind, westewind
Waai deur nagte, verlore skagte
Westewind, westewind
Eindeloos aan jou singende drome

En waar jy eers so na aan my was
Fluister sag in die wind en bly glo

Sal ons die gisters nooit vergeet nie
Onthou dit nog dag en nag
En jy moes my nog belowe
Wat jy van my verwag

En die sterrehemel oop bars
En die nag my weer moet sus
Sien ek uit dan na die weersiens
En nou smeek ek mooi, die waaiende wind

Westewind, westewind
Waai deur nagte, verlore skagte
Westewind, westewind
Eindeloos aan jou singende drome

En waar jy eers so na aan my was
Fluister sag in die wind en bly glo

(Westewind, westewind)
Waai deur nagte, verlore skagte
(Westewind, westewind)
Eindeloos aan jou singende drome

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Gerrie Pretorius

Autres artistes de Middle of the Road (MOR)