Wie Ry Saam

Die midde stad geluide, kom uit noorde, kom uit suide
Onruk my waar ek gaan, laat my hardloop as ek staan
Maar ek onthou 'n plek, waar die vlaktes eindloos strek
Waar die wolkies rustig hang, met die lug vol voël gesang

Daar's ruimte ook vir jou, pak jou goedjies
Maak net gou

En wie ry saam, wie ry saam?
Ek gaan na die Platteland
Na die stiltes op Vanrhynsdorp en die Uppington se sand
Ek gaan oor die koppies gly daar by Beaufort-Wes verby
En wie ry saam, wie ry saam na die Platteland?

My vryheid was 'n klug van uit 'n woonstel in die lug
En die motors op die grond jag in sirkels rond en bont
Maar ek onthou 'n plek, waar die vlaktes eindloos strek
Waar die mense nog kan bloos en 'n ma haar kinders troos

Daar's ruimte ook vir jou, pak jou goedjies
Maak net gou

En wie ry saam, wie ry saam?
Ek gaan na die Platteland
Na die stiltes op Vanrhynsdorp en die Upington se sand
Ek gaan oor die koppies gly daar by Beaufort-Wes verby
En wie ry saam, wie ry saam na die Platteland?

O kyk hoe drom die mense in hordes voor my deur
Hul ruik alreeds die vryheid van die Platteland se geur

En wie ry saam, wie ry saam?
Ek gaan na die Platteland
Na die stiltes op Vanrhynsdorp en die Upington se sand
Ek gaan oor die koppies gly daar by Beaufort-Wes verby
En wie ry saam, wie ry saam na die Platteland?

En wie ry saam, wie ry saam?
Ek gaan na die Platteland
Na die stiltes op Vanrhynsdorp en die Upington se sand
Ek gaan oor die koppies gly daar by Beaufort-Wes verby
En wie ry saam, wie ry saam na die Platteland?
En wie ry saam, wie ry saam na die Platteland?

Curiosités sur la chanson Wie Ry Saam de Gerrie Pretorius

Quand la chanson “Wie Ry Saam” a-t-elle été lancée par Gerrie Pretorius?
La chanson Wie Ry Saam a été lancée en 2003, sur l’album “Annemarie”.

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Gerrie Pretorius

Autres artistes de Middle of the Road (MOR)