Valskerm
Ek val dertig-duisend voete ver
Maar ek is nie bang nie
Ek is nie bang nie
Is nie seker oor my roete af
Niks om my te vang nie
Niks om my te vang nie
Maar jy's my valskerm, valskerm en ek val nie ver nie
Valskerm, beskerm my altyd
Valskerm, valskerm en ek val nie ver nie
Saam met jou
Daar is niks en niemand om my nie
Maar's jy's my gedagtes
Jy's my gedagtes
As dit als te veel raak kom jy hier
Ek hoef nie te roep nie (Ek hoef nie te roep nie)
Ek hoef nie te roep nie
Ek hoef glad nie te roep nie
Jy's my valskerm, valskerm en ek val nie ver nie
Valskerm, beskerm my altyd
Valskerm, valskerm en ek val nie ver nie
Saam met jou
Ek strek my arms wyd en tref die wolke sag terwyl ek kyk of ek kan jou nie onder sien nie
Ek trek die toutjie, roep jou naam, en skielik val jy oop en vang my weer
En weer
Jy's my valskerm, valskerm en ek val nie ver nie
Valskerm, beskerm my altyd
Valskerm, valskerm en ek val nie ver nie
Saam met jou
Saam met jou