Binnelanders

Buite in die strate
Bars Jacaranda’s uit hul nate
En alles lyk van ver af so gesond
Maar in die gange is dit wit
Is dit blink en baie stil
Almal sluk vandag 'n bitter pil
Almal sluk vandag 'n bitter pil

En hoe kan 'n vuur uit die woede geblus word?
Hoe kan die liefde hom red uit die dood?
Hoe kan 'n hart wat al lankal vertrap is
Weer gered word uit die nood?

Hoe kan 'n tong wat uit lemme gemaak is
Later weer sag word soos 'n lam?
Hoe kan 'n bitter pil weer soet wees
As ek jou net eenmaal kon?

Daar’s 'n engel teen die mure
Wat van alles eintlik weet
Al lyk dit op die oog af
Of jy van die vloer af kan eet
En dokter luister nog 'n keer
Of jy my hartklop wel kan hoor
Iewers het ek my hart op jou verloor
Iewers het ek my hart op jou verloor

En hoe kan 'n vuur uit die woede geblus word?
Hoe kan die liefde hom red uit die dood?
Hoe kan 'n hart wat al lankal vertrap is
Weer gered word uit die nood?

Hoe kan 'n tong wat uit lemme gemaak is
Later weer sag word soos 'n lam?
Hoe kan 'n bitter pil weer soet wees
As ek jou net eenmaal kon?

En hoe kan 'n vuur uit die woede geblus word?
Hoe kan die liefde hom red uit die dood?
Hoe kan 'n hart wat al lankal vertrap is
Weer gered word uit die nood?

Hoe kan 'n tong wat uit lemme gemaak is
Later weer sag word soos 'n lam
Hoe kan 'n bitter pil weer soet wees
As ek jou net eenmaal kon?

Buite in die strate
Bars Jacarandas uit hul nate
En alles lyk van ver af heel gesond

Curiosités sur la chanson Binnelanders de Jak de Priester

Quand la chanson “Binnelanders” a-t-elle été lancée par Jak de Priester?
La chanson Binnelanders a été lancée en 2013, sur l’album “N1 Van My Hart”.

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Jak de Priester

Autres artistes de Afrikaans