Gebed Vir Mija
Die wêreld is ‘n mooi plek
‘n Mooi plek hier met jou
En al ken ek jou nog nie so goed nie weet ek
Dat ek baie van jou hou
Die lewe gee ‘n oomblik
‘n Oomblik net vir jou
En ek sal dit nooit wou mis nie hierdie
Hierdie oomblik saam met jou
En daar’s 'n ster wat skyn in die hemel
Daar’s ‘n pêrel wat lê in die see
Daar’s ‘n son wat skyn op ‘n winters dag
En 'n hart wat net liefde wil gee
Daar’s ‘n liedjie wat almal moet luister
Daar’s 'n glimlag wat almal moet sien
My gebed is vir jou om net happy te wees my liefling
Dis wat jy verdien
Die liefde is so onverwags
‘n Ongenooide gas
Maar ek hoop jy’s eendag reg daarvoor en dat die
Dat die liefde jou verras
As die liefde jou dalk seer maak
Dan hoop ek jy bly staan
Want elke donker oomblik
Sal verseker weer verby moet gaan
En daar’s 'n ster wat skyn in die hemel
Daar’s ‘n pêrel wat lê in die see
Daar’s 'n son wat skyn op ‘n winters dag
En 'n hart wat net liefde wil gee
Daar’s ‘n liedjie wat almal moet luister
Daar’s 'n glimlag wat almal moet sien
My gebed is vir jou om net happy te wees my liefling
Dis wat jy verdien
My skouer is net joune
Jy kan huil en hier kom lê
Maar God het grooter skouers
Jy moet vir hom ook alles sê
En daar’s 'n ster wat skyn in die hemel
Daar’s ‘n pêrel wat lê in die see
Daar’s ‘n son wat skyn op ‘n winters dag
En 'n hart wat net liefde wil gee
Daar’s ‘n liedjie wat almal moet luister
Daar’s 'n glimlag wat almal moet sien
My gebed is vir jou om net happy te wees my liefling
Dis wat jy verdien