In Die Arms Van Die Klein Karoo

Daar is geen beter plek vir ‘n stukkende hart
Soos in die arms van die Klein Karoo nie
Daar is geen beter plek vir ‘n huilende hart
Soos in die hande van die Klein Karoo nie
Daar is geen beter plek vir ‘n liggaam wat moeg is
Soos as die son sak in die Klein Karoo nie
Daar is geen beter plek waar ‘n hart weer kan heelword
As dit reën hier in die Klein Karoo nie

Want as die son sak oor die Swartberge en die stofpaaie gaan lê
As die kinders kaalvoet in die skemer dans dan het die sterre die laaste sê
En as jou hart gebreek ry op ‘n donkie kar en jou voete is al moeg
Is daar geen beter plek vir ‘n stukkende hart
Soos in die arms van die Klein Karoo nie

Daar is geen beter plek om met die sterre te dans
Soos op 'n stil nag in die Klein Karoo nie
Daar is geen beter plek om die oggend te soen
Soos op die oop mond van die Klein Karoo nie
Daar is geen beter plek om jou begasie te los
Soos op ‘n stofpad van die Klein Karoo nie
Daar is geen beter plek om weer vrede te vind
Soos in die hart van die Klein Karoo nie

Want as die son sak oor die Swartberge en die stofpaaie gaan lê
As die kinders kaalvoet in die skemer dans dan het die sterre die laaste sê
En as jou hart gebreek ry op 'n donkie kar en jou voete is al moeg
Is daar geen beter plek vir 'n stukkende hart
Soos in die arms van die Klein Karoo nie
Is daar geen beter plek vir 'n stukkende hart
Soos in die arms van die Klein Karoo nie

Curiosités sur la chanson In Die Arms Van Die Klein Karoo de Jak de Priester

Quand la chanson “In Die Arms Van Die Klein Karoo” a-t-elle été lancée par Jak de Priester?
La chanson In Die Arms Van Die Klein Karoo a été lancée en 2013, sur l’album “N1 Van My Hart”.

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Jak de Priester

Autres artistes de Afrikaans