Die Lewe Is 'n Groot Orkes
Die lewe is ‘n groot orkes
En elke mens is soos ‘n instrument
Jy speel heel anders as die res
En God is die Groot Heer dirigent
Jou klank is heel besonder
En dit is ‘n luister werd
En elke mens se wonder in die lewe se konsert
Jy speel jou eie wysie
Jou eie melodie
Maar God laat alles saamvloei
Tot ‘n heel groot simfonie
Die lewe is ‘n groot orkes
En elke mens is soos ‘n instrument
Jy speel heel anders as die res
En God is jou Groot Heer dirigent
Jou klank is heel besonder
En dit is ‘n luister werd
En elke mens se wonder in die lewe se konsert
Jy speel soos wat jou hart dink
Jou eie melodie
Maar God laat alles saamklink
Tot ‘n wonder harmonie
Jy dink jy is oorbodig
En net ‘n onderdeel
Maar God het jou so nodig
Vir die simfonie geheel