Heilige Gees
Heilige Gees, vul my nou
Ek wil totaal op U leiding vertrou
Vang my denke en hart o Heer
Met U oorvloed en U krag meer en meer
Heilige Gees neem my in beheer
Daar is niks beter wat ek kan begeer
Dan alleen kan ek vrugte dra
En dan alleen kan ek doen wat U vra
Waai deur my waai deur my
O Heilige Gees kom woon vol in my
Ek stel myne oë, laat my oorloop
Van al U volheid, o waai deur my
Heilige Gees o my hart smag na U
Sonder U volheid wil ek nie leef nie
Maak my skoon o maak my nou skoon
Dat U nog voller in my kan woon
Waai deur my waai deur my
O Heilige Gees kom woon vol in my
Ek stel myne oë laat my oorloop
Van al U volheid, o waai deur my