Hoe Klein Is Ons (How Small We Are)

Ons rus, ons werk, ons is te sterk
Ons streef en waag en val so laag
Ons dink ons weet maar het vergeet
Hoe klein ons is en hoe min ons weet

Ons lag, ons huil, ons dans, ons skuil
Ons droom, ons veg, en dan is ons weg
En gou, te gou sal als verdwyn
Hoe broos is ons, hoe nietig en hoe klein

Dié lewe gaan so gou verby
Net ons geloof in God sal bly
Ons werk so hard om meer te hê
Net om daarvoor totsiens te sê (Daarvoor totsiens te sê)

Ons soek, ons vind, en oes die wind
Ons wik en weeg die uurglas leeg
Ons dink, ons weet, maar ons vergeet
Hoe klein ons is en hoe min ons weet

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Jan de Wet

Autres artistes de