Johannes Die Doper

Fetus profeet jy het dit reeds geweet
Jy dans in die water as Maria tot jou nader kom
Jy spring op en getuig, jy's ‘n embrio wat juig, in Elisabet het jy reeds voor Jesus neergebuig

Jy is woestynkind in die barre wildernis
Maar jy berei die pad vir Hom wat die ware lewe is
En die klank van God se trif, Sy liefde en sy pyn
Hoor ons ook in jou stem as jy roep in die woestyn

Bloed neef profeet in kameelhare kleed
Jy staan weer in die water as Jesus tot jou nader kom
Jou vinger bewe as jy wys, jy sien reeds die paradys, daar is die Lam sê jy die Een wat die sonde weg sal neem

Jy is woestynkind in die barre wildernis
Maar jy berei die pad vir Hom wat die ware lewe is
En die klank van God se trif, Sy liefde en Sy pyn
Hoor ons ook in jou stem as jy roep in die woestyn

Eenkant en alleen bou jy die pad voor Hom
Wat oor die sand en klip en steen as die Verlosser kom
En hier in die wildernis preek jy van vergifenis, bekeer jou laat jul doop
Bekeer jul daar is hoop

Jy is woestynkind in die barre wildernis
Maar jy berei die pad vir Hom wat die ware lewe is
En die klank van God se drif, Sy liefde en Sy pyn
Hoor ons ook in jou stem as jy roep in die woestyn

O roep nog ‘n keer Johannes ook in my wildernis
Roep weer en weer en weer en weer tot ek soos Christus is
Laat breek ook weer die water oor die akkers van my gees
Sodat my hart se wildernis kan uitbreek in ‘n paradys
En dat ek meer en meer soos u sal wees

Curiosités sur la chanson Johannes Die Doper de Jan de Wet

Quand la chanson “Johannes Die Doper” a-t-elle été lancée par Jan de Wet?
La chanson Johannes Die Doper a été lancée en 2007, sur l’album “50 Gewildste Treffers”.

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Jan de Wet

Autres artistes de