Krag Om Te Wen

Die hongeres en seer kry die fel bitterheid het vlak in ons harte kom lê
Ons leef in ons land in ‘n moeilike tyd maar hoor wat die Here wil sê
Hy het die sonde en satan oorwin, Hy is die Koning die Here
‘n Nuwe toekoms kan in Hom begin as ons net vra sal Hy gee

Krag om te wen
Die krag om te wen in die Here se Naam
Krag om te wen
Meer as oorwinnaars wat vas sal bly staan
Ons sal nie vrees nie omdat ons die Here God ken
Hy gee die krag om te wen

Die mense praat twyfel, die mense praat vrees, hulle wik en hul weeg en hul stry
Baie sê daar sal geen toekoms meer wees, vrede en rus is verby
Maar God roep ons op om te dink soos Hy dink, geloof praat ‘n heel ander taal (Geloof praat ‘n heel ander taal)
Al is dit donker die more ster blink, ons sal oorwinning behaal

Krag om te wen
Die krag om te wen in die Here se Naam
Krag om te wen
Meer as oorwinnaars wat vas sal bly staan
Ons sal nie vrees nie omdat ons die Here God ken (Die Here ken)
Hy gee die krag om te wen (Hy gee ons krag, die krag om te wen)
Laat ons wakker wees, vul ons nou met U Gees

Krag om te wen
Die krag om te wen in die Here se Naam
Krag om te wen
Meer as oorwinnaars wat vas sal bly staan
Ons sal nie vrees nie omdat ons die Here God ken (Die Here ken)
Hy gee die krag om te wen
Hy gee die krag ons sal wen

Curiosités sur la chanson Krag Om Te Wen de Jan de Wet

Quand la chanson “Krag Om Te Wen” a-t-elle été lancée par Jan de Wet?
La chanson Krag Om Te Wen a été lancée en 2007, sur l’album “50 Gewildste Treffers”.

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Jan de Wet

Autres artistes de