Laat My Lammers Wei

Vroeg een more die vraag by die meer
Seun van Jonah het jy my lief?
Is jy lief vir my meer as almal hier
Met die liefde wat God vir ons het?

Maar waarom vra U my hierdie vraag?
U weet alles ja ek het U lief
Ek is lief vir U Heer, Heer soos my broer
Soos ‘n man vir sy vriend sou kon wees

Petrus kan jy onthou die aand by die vuur?
Petrus nou vra ek jou laat My lammers wei

Toe weer die tweede vraag van die Heer
Seun van Jona het jy my lief?
Is jy lief vir my meer as almal hier
Met die liefde wat God vir ons het?

Maar Here waarom dan weer hierdie vraag?
U weet alles ja ek het U lief
Ek het U lief my Heer soos 'n man sy broer
Soos ‘n mens vir 'n ander sou kon wees

Petrus kan jy onthou?
Ek sweer ek ken hom nie
Petrus nou vra ek jou?
Laat My skape wei

Die derde vraag maak Petrus baie seer
Seun van Jona het jy My lief?
Is jy lief vir My meer as almal hier
Met die liefde van ‘n man vir sy broer?

Here hoe kan ek my teen U verweer
U weet alles ja ek het U lief
Ek is lief vir U heer soos ‘n man vir sy broer
Soos ek vir my beste vriend sou wil wees

Petrus kan jy onthou
Die kraai van die haan?
Petrus dan vra ek jou
Pas My skape op

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Jan de Wet

Autres artistes de