Lei Vriend'lik Lig

Lei vriend'lik lig deur aardse duisternis
Lei U my voort
Swart is die nag waar ek 'n swerwer is
Lei U my voort

Lig my tog voor
Dis nie dat ek begeer
Om vêr te sien
Net stap vir stap o Heer

Ek het nie altyd so van U begeer
Om my te lei
Eers wou ek self my lewensweg beheer
Maar nou lei U my

Ag ek was dwaas
En versot op ydelheid
Vergeef tog Heer
Dink nie aan daardie tyd

U wat solank my gids was lei my tans
Ook veilig voort
Deur vlei en vlot, oor elke kloof en krans
Na die hemel poort

Waak soos die eng’le van ons duur brustaan
Heer U is bemin en reeds vooruit gegaan
Heer U is bemin en reeds vooruit gegaan

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Jan de Wet

Autres artistes de