Ons Erfenis

Ons ouers en groot-ouers het die koninkryk gebou
Vir God gewerk en ons geleer om op Hom te vertrou
Hul lewens is gekenmerk deur die vrug van die Gees
En hul grootste wens was om naby God te wees

Ons oumas het vir soveel jaar in God se diens gestaan
Hul het geleer en veel gebid vir vrug in God se Naam
En ook vir hul familie het hul by God gepleit
Dat niemand sal ontbreek nie in die huis van die ewigheid

Ons erfenis is vir ons mooi
Onberekenbaar
Onbepalend kosbaar, ons erfenis is o so mooi
Ons sal dit wil bewaar

En oupa jy het veertig jaar God se Woord bedien
En mense kon in jou veel van jou Here sien
En later het jy krom geboë jou knieë wou nie meer nie
Maar steeds het jy die Woord gepreek en niemand kon jou keer nie

Ons erfenis is vir ons mooi
Onberekenbaar
Onbepalend kosbaar, ons erfenis is o so mooi
Ons sal dit bewaar

En ons sê dankie aan U
Ons wil U prys en loof
Vir ouers en groot-ouers, die reuse in geloof
Mense met swakhede maar mense wat kon sien
Dat die lewe eintlik Christus is en dat ons Hom moet dien

Ons erfenis is vir ons mooi
Onberekenbaar
Onbepalend kosbaar, ons erfenis is baie mooi
Ons sal dit bewaar

En nou is daar bedienaarties tot in hierdie geslag
Wat God dank vir jul vasbyt, en jul geloof se krag
En deur die bloedlyn kyk ons terwug terwyl ons Jesus prys
O kyk net hoeveel genade het God aan ons bewys

Ons erfenis is vir ons mooi
Onberekenbaar
Onbepalend kosbaar, ons erfenis is vir ons mooi
Ons sal dit bewaar

Curiosités sur la chanson Ons Erfenis de Jan de Wet

Quand la chanson “Ons Erfenis” a-t-elle été lancée par Jan de Wet?
La chanson Ons Erfenis a été lancée en 2007, sur l’album “50 Gewildste Treffers”.

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Jan de Wet

Autres artistes de