Soos 'n Man Van Die Woord [Duet]

Here ons hoor U stem U vra wie sal ek stuur?
Om die wêreld te leer van God se liefde
Here ons meld ons aan raak ons aan met U vuur
Gee ons krag vir die stryd hou ons wil in U beheer

Ons sal gaan en ons sal leef in Jesus se liefde
Ek en my huis sal vertel en U dien met ons lewe
Here ons meld ons aan sodat U ons kan stuur
Maak ons mans van U Woord laat U Gees in ons regeer

Ons kan staan deur te leef net soos U Woord dit van ons vra
Want U liefde oorwin die krag van die dood
Ons sal oorwin deur U bloed en deur U Woord wat ons bely
In U Naam kan ons staan niks sal ons keer nie

Ons sal gaan ons sal leef in U liefde
Ons sal gaan ons sal doen soos U sê

Here ons meld ons aan raak ons saam met die vuur
Maak ons mans van U Woord laat ons saam met U regeer
Ons sal gaan ons sal leef soos U Woord ons beveel
Ons sal gaan ons sal leef soos U Woord ons beveel
Soos ‘n man van die Woord

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Jan de Wet

Autres artistes de