Staan Op Vir Jesus

Staan op, staan op vir Jesus o helde van die kruis
Verhoog Sy krygsbaniere deur al die strydgedruis
Deur stryd lei tot oorwinning die Heiland keer op keer
Tot Hy oor elke vyand vir ewig heers as Heer

Staan op staan op vir Jesus o helde van die kruis
Verhoog Sy krygsbaniere deur al die strydgedruis

Staan op staan op vir Jesus, die krygsgeroep weergalm
Begeef jou in die strydperk , dien Hom met ‘n vreugde saam
Kom styders wees dan moedig , weerstaan met al jou mag
Die bose moet terugval want Jesus gee jou krag

Voorwaarts Christenstryders, voorwaarts om te stry
Laat die kruis van Jesus in die strydperk lei
Hy die Heer en Koning voer Sy leër aan
Laat sy vaandel vooraan op die slagveld gaan

Voorwaarts Christenstryders voorwaarts om te stry
Laat die kruis van Jesus in die strydperk bly

Nooit kan Satan's bende teen die kruis bestaan
Kom aan krygsgesante, laat ons voorwaarts gaan
Selfs die fondamente van die hel sal beef
Stryders en jul stemme laat jou loflied leef

Voorwaarts Christenstyders, voorwaarts om te stry
Laat die kruis van Jesus in die strydperk bly
Laat die kruis van Jesus in die strydperk bly

Curiosités sur la chanson Staan Op Vir Jesus de Jan de Wet

Quand la chanson “Staan Op Vir Jesus” a-t-elle été lancée par Jan de Wet?
La chanson Staan Op Vir Jesus a été lancée en 2007, sur l’album “50 Gewildste Treffers”.

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Jan de Wet

Autres artistes de