U Is Getrou O Heer
U is getrou o Heer, ons Hemel Vader
Daar is geen rede vir ons om te vrees
U bly dieselfde, U stel nooit teleur nie
U het belowe U sal by ons wees
U is getrou o Heer
U is getrou o Heer
Dankie vir U groot genade aan my
Gister, vandag en vir altyd dieselfde
So is U liefde en trou teenoor my
Vryspraak vir sonde en vrede vir altyd
U self is by ons om ons op te beur
Krag vir vandag, nuwe hoop ook vir more
Daar is soms storms maar U dra ons deur
U is getrou o Heer
U is getrou o Heer
Dankie vir U groot genade aan my
Gister, vandag en vir altyd dieselfde
So is U liefde en trou teenoor my
Herfs, winter, lente en ja ook die somer
Son, maan en sterre in bane daar bo
Alles vertel van U en van U Grootheid
Dat ons vrymoedig in U kan bly glo
U is getrou o Heer
U is getrou o Heer
Dankie vir U groot genade aan my
Gister, vandag en vir altyd dieselfde
So is U liefde en trou teenoor my
So is U liefde en trou teenoor my