Kinders Sê

JO BLACK, JOHAN VORSTER

Wat moet ek vir my kinders sê
As ek vanaand alleen gaan lê?
Ek het nie weggegaan nie
As gevolg van jou
Ek is so lief vir jou

Hoe kan ek dit verduidelik?
My hart is uit my bors geskeur
‘n Deel van my is weggevat
Ek is sonder jou

Ek het opgegee op liefde maar
Nie op jou
Die nagte is die langste want ek wens
Ek kon jou vashou
En jou net weer kon nagsoen
Wat sal ek vir my kinders sê?

Die lewe het sy draai geloop
Die koning het sy troon verloor
Ons tyd was in ‘n oomblik
Van ons weggesteel
Ek mis jou vanaand teveel

As ek die tyd weer terug kon koop
My woorde op ‘n hoop kon stoot
Want spyt kom altyd net te laat
Dis die kruis wat ek moet dra

Ek het opgegee op liefde maar
Nie op jou
Die nagte is die langste want ek wens
Ek kon jou vashou
En jou net weer kon nagsoen
Dit sal ek vir my kinders sê
Dit sal ek vir my kinders sê

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Jo Black

Autres artistes de Pop rock