Vegter

Ek weet jy is moeg
Ek weet jy wil ook soms weg vlug van als
En stil raak in die geraas

Jy voel daar's niks oor
Asof jy keer op keer verloor en die tyd is min
Ek sê jou dis nou eers die begin

Jy moet jouself optel
Want niemand gaan dit vir jou doen
Jy doen dit vir jouself

Want jy's 'n vegter
Jy't nog soveel om te gee
Jy is sterker
As wat jy ooit sal weet
Jy is 'n vegter
Want jy is 'n vegter

Dis dalk net nie laaste tree
Voor jou deurbraak gaan gebeur
Jy kan nou opgee, jy moet alles gee en meer
So sê dit vir jouself

Jy's 'n vegter
Jy't nog soveel om te gee
Jy is sterker
As wat jy ooit sal weet
Want jy is 'n vegter

So tel jou kop op
Dis die beste geskenk
Wat jy vir jouself kan gee

Tel jou kop op
Dis die beste besluit
Wat jy vir jouself kan neem

Jy's 'n vegter
Jy’t nog soveel om te gee
Jy is sterker
As wat jy ooit sal weet

Jy is 'n vegter
Jy is 'n vegter

Jy is 'n vegter
Jy is 'n vegter
Jy is 'n vegter

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Jo Black

Autres artistes de Pop rock