Spore Op Die Maan
Elke nuwe plan
Lê hopeloos verfrommel
Want iets sê, stomme drommel
Die ruimte lê vol rommel
En ek begin verstaan
Daar is geen nuwe oord om heen te gaan
Want kyk, daar lê reeds spore op die maan
Want die stad blom elke nag strooi sy saad en skemerdag
Breek staalspruite teen die aardkors waar jy gaan
Rommelberge groei omheen en daar's swaelsuur in die reën
En kyk, daar lê reeds spore op die maan
Ja kyk, daar lê reeds spore op die maan
Waarheen sou ek gaan om te vlug is onbegonne
Selfs droom is onbesonne
Want die wêreld is oorwonne
En ek begin verstaan
Daar is geen nuwe paaie om te baan
Want kyk, daar lê reeds spore op die maan
Ja kyk, daar lê reeds spore op die maan
Elke hektaar is verkoop, elke opstal lê gesloop
En die wêreld wag verwese in die waan
Dat 'n wonder sal gebeur om sy rusperleers te keer
Want kyk, daar lê reeds spore op die maan
'n Duisend donker spore op die maan
Vlug na berg of woud
Meen jy dat daar geeneen is, dat jy eindelik alleen is, ag verspieders loer op Venus en ek begin verstaan
Daar is geen nuwe oord om heen te gaan
Want kyk, daar lê reeds spore op die maan
Ja kyk, daar lê reeds spore op die maan
Elke woord is retoriek, elke droom is bloot plastiek
En atoom's die idioom van wie verstaan
Iewers moet 'n rusplek wees vir die afgematte gees
Want kyk, daar lê reeds spore op die maan
'n Duisend donker spore op die maan
Ja kyk, daar lê reeds spore op die maan