Sprokie Vir 'n Stadskind
As die reën van stof en roet verby is
En
Die maan
Verdwyn
Sal daar in die sterrelose hemel
'n Neonboog
Verskyn
En kyk
Maar goed
Want as jy hom vind
Vertel ek
Vir jou
'n Sprokie my kind
Van 'n skatkis
Met
Ou kettings gebind
Aan die neonboog
Se punt
Volg hom elke nag oor swart riviere
Oor kranse van
Beton
As jy aanhou stap
Tien duisend ure
Sal
Jy dalk
Daar kom
Maar hier moet jy
Jou nimmer laat bind
Want so lui die ou
Ou sprokie my kind
As jy geluk
En vrede wil vind
Soek
Die neonboog se punt
Volg hom elke nag oor swart riviere
Kyk
Nie eenmaal om
As jy aanhou stap
Tien duisend ure
Sal
Jy dalk
Daar kom
En dalk vind jy die land van blou saffiere
Of dalk
'n Brokkie
Son