Afrikaanse Medley: Ruiter Van Die Windjie / Umfaan / Huisie By Die See / Harlekyn

Almal van ons weet hoe vry is die windjie
As hy waai wil hy waai as hy draai wil hy draai die windjie
Oral om ons die gesuis van die windjie
En hy dra aan ons oor die gevoel om weer vry te wees

Ruiter van die windjie wil ek bly
Vryer as die voëltjies rondom my
Van verre lande vertel ek
Goue strande en die see

Wo ho ho ruiter van die windjie o so vry
Stewig op jou ruggie wil ek ry
En oral waar jy mag swerwe
Voer jy my ook altyd mee

Umfaan sy roep na jou
Umfaan sy is lief vir jou
Umfaan dis haar hart onthou
Umfaan bayete Umfaan
Umfaan bayete Umfaan

Hardloop na die waters van die groot Umfolozi
Umfaan speel sy penniefluitjie vanaand
Want sy's die een wat sy hart so roer
Met sekelmaan gaan hy haar haal
Met sekelmaan gaan hy haar haal

Umfaan sy roep na jou
Umfaan sy is lief vir jou
Umfaan dis haar hart onthou
Umfaan bayete Umfaan
Umfaan bayete Umfaan

Umfaan
Umfaan
Umfaan
Umfaan bayete Umfaan
Umfaan bayete Umfaan

Almal wil 'n huisie by die see hê
Almal hoop die struggle is verby
Almal sê die lewe is eers môre
Maar môre is te laat vir my

Almal wil 'n huisie by die see hê
Almal hoop die struggle is verby
Almal sê vakansie is eers môre
Maar môre is te laat vir my

Bring vir die harlekyn nog wyn
Rooiwyn vir sy lag en trane en pyn
Want hy wys ons die nuwe wind wat waai
Van die Vaal tot onder in Saldanhabaai

Bring vir die harlekyn nog wyn
Rooiwyn vir sy lag en trane en pyn
Want hy wys ons die nuwe wind wat waai
Van die Vaal tot onder in Saldanhabaai
Van die Vaal tot onder in Saldanhabaai
Van die Vaal tot onder in Saldanhabaai

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Juanita du Plessis

Autres artistes de Country pop