Vergeet Om Te Vergeet

Die winter aand is om my
Voor die kaggelvuur se kole
Buite tjank die winde
Soos die wolwe in die berge

Teen die hokkies klap die venster
En herhinder my
Aan die klop van jou knekel aan my deur
Maar ek weet ook dat jy vêr is en dat ek my doodverlang na jou

Vergeet om my te vergeet
Onthou om te onthou
En weet dat jy altyd weet ek is lief vir jou

Vergeet om my te vergeet
Onthou om te onthou om my te onthou
Vergeet om my te vergeet
Onthou om te onthou om my te onthou

Later word ek wakker
Van die koekoeklok se deurtjie
Dis laatnag in die voorhuis
En die middernag kom nader

Teen die hokkies klap die venster
En herhinder my
Aan die klop van jou knekel aan my deur
Maar ek weet ook dat jy vêr is en dat ek my dooverlang na jou

Vergeet om my te vergeet
Onthou om te onthou
En weet dat jy altyd weet ek is lief vir jou

Vergeet om my te vergeet
Onthou om te onthou om my te onthou
Vergeet om my te vergeet
Onthou om te onthou om my te onthou

Vergeet om my te vergeet
Onthou om te onthou
En weet dat jy altyd weet ek is lief vir jou
Vergeet om my te vergeet
Onthou om te onthou om my te onthou

Vergeet om my te vergeet
Onthou om te onthou om my te onthou
Vergeet om my te vergeet
Onthou om te onthou om my te onthou

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Juanita du Plessis

Autres artistes de Country pop